Iran kry die skuld vir aanval op olietenkskip

Brittanje en die VSA het Iran die skuld gegee vir ‘n aanval op ‘n olietenkskip wat met Israel verbind word. Twee bemanningslede – onder wie ‘n Britse burger – is in die aanval dood. Die MV Mercer Street is Donderdag aan die kus van Oman in die Arabiese See aangeval. Die Britse minister van buitelandse sake, Dominic Raab, sê die aanval was ‘n opsetlike, doelgerigte en duidelike skending van die internasionale reg deur Iran. Amerika se minister van buitelandse sake, Anthony Blinken, sê hulle sal op ‘n gepaste wyse reageer.