Ace se appèl sal nie slaag nie

‘n Politieke ontleder in Suid-Afrika sê Ace Magashule se kennisgewing van sy plan om appèl aan te teken teen sy skorsing sal nie slaag nie. Die ANC se geskorste sekretaris-generaal het die aansoek Vrydag by die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg ingedien. ‘n Professor aan die Universiteit van Noordwes Barry Hanyane sê Magashule werk op ‘n beginsel van wraak in plaas van binne die interne partyprosesse: