Oos-Kaapse taverne moet eers sluit, eis premier

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê die taverne in Oos-Londen waar 21 jongmense Sondagoggend dood is, moet gesluit word. Hy sê al het die Enyobeni-taverne in Scenerypark ‘n geldige lisensie, moet die perseel tydelik gesluit word terwyl die polisie ondersoek instel na die tragedie. Mabuyane sê die regering hersien die wet oor handelslisensies vir tavernes. Die jongste berigte dui aan daar was ‘n stormloop nadat sekerheidswagte traangas of pepersproei gespuit het in ‘n poging om besoekers uiteen te jaag. Die jongste slagoffer was volgens berigte 13 jaar oud.