Pompeii-skilpad, sonder eier, opgegrawe

Die oorblyfsels van ‘n skilpad en sy eier is deur argeoloë in Pompeii, die Romeinse stad wat in ‘n vulkaniese uitbarsting in die jaar 79 na-Christus begrawe is, opgegrawe. Die dier is versteek onder die kleivloer van ‘n pakhuis gevind en het waarskynlik gevrek voordat Vesuvius uitgebars het. Daar was ‘n gat gegrawe vir ‘n eier maar dit is nooit gelê nie wat waarskynlik sy vrekte veroorsaak het. Die dier is gevind in ’n gebied waar luukse openbare baddens was. Wetenskaplikes meen dit is ‘n bewys van die groot selfvertroue waarmee Pompeii ná die aardbewing in die jaar 62 weer herbou het net om 17 jaar later in ‘n enkele dag uitgeroei te word.