Nog geen datum vir Nam-SA beraad nie…

Geen datum is nog vasgestel vir die aanvang van die Namibië-Suid-Afrika Bi-nasionale Kommissie nie. Dit volg nadat die vergadering uitgestel is weens wat die Namibiese regering beskryf as onvoorsiene omstandighede. Die vergadering sou vanaf môre tot Vrydag in die hoofstad plaasgevind het. Suid-Afrika lewer 66 persent van Namibië se invoere en is verantwoordelik vir ongeveer 80 persent van die beleggings in sleutelnywerhede. Penda Naanda die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.