Oos-Kaapse netbalspelers in busongeluk

Netbal: Drie spelers en ‘n beampte van die OR Tambo-distrik in die Oos-Kaap is in ‘n ongeluk dood. Nog 25 spelers het beserings opgedoen. Die bus wat spanne uit dié distrik in die Transkei vervoer het, was gister betrokke in ‘n botsing tussen verskeie voertuie naby Aberdeen op die pad na Beaufort-Wes in die Wes-Kaap. Die spelers was op pad na Kaapstad vir die Nasionale Netbalkampioenskappe. Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, sê sy is diep bedroef oor hierdie tragedie