Man op Tses deur trein doodgery

Die Namibiese polisie ondersoek die dood van ‘n 24-jarige man nadat hy die naweek deur ‘n trein op Tses doodgery is. Die oorledene, is as Salmon Diedrick Eigub, ‘n inwoner van Tses geïdentifiseer. ‘n Voorlopige ondersoek van die Namibiese polisie dui aan dat die oorledene op die treinspoor geslaap het toe hy deur die trein getref is. Voor die voorval het hy glo saam met vriende by ‘n huis gekuier waar tuisgebroude alkohol verkoop word en aan vriende gesê hy gaan slaap.