Junior dokters in SA nog nie uitgeplaas nie

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het sy woede uitgespreek oor die regering se mislukking om te beplan vir die wetlike uitplasing van junior dokters. Die vereniging se woordvoerder, Mzulungile Nodikida, sê dit is totaal onaanvaarbaar dat die regering só laat in die jaar beweer daar is geen fondse vir interns en gemeenskapsdiensdokters nie, terwyl hulle ses jaar lank tyd gehad het om daarvoor te beplan. Nodikida sê hulle beplan om dringend die howe te nader om die regering te dwing om alle interns en gemeenskapsdiensdokters op die laatste teen volgende Donderdag uit te plaas.