Oorvol-selle is landroshowe se skuld

Plaaslike berigte lui dat die Oshana-polisie uitdagings het met oorvol-selle in die polisie se aanhouding-fasiliteit. ‘n Vergadering is die week met landdrosse gehou. Adjunkkommissaris Nico Steenkamp van Nampol, voer aan dat die howe verantwoordelik is vir die digbevolkte selle omdat sake uitgestel word maar, hy voeg by daar is beskuldigdes wat borg ontvang het maar die nie kan betaal nie. Die selle op Oshakati is gebou vir 130 en daar is tans 258. Op Ongwediva is die selle vir 23 gebou en huisves tans 95.