Angolese kinders op straat – almal was nou hulle hande

Dit wil voorkom asof Namibiese owerhede hulle hande was in verband met die uiters jong Angolese kinders wat in hulle tradisionele drag houtlepels op straat in die hoofstad verkoop. Die prokureur Kadhila Amoomo het amok oor die kwessie gemaak en die ministerie van internasionale betrekkinge het toe die saak betree. Daar is aan die Kosmos 94.1-nuuskantoor bevestig dat daar met die Angolese owerhede gesels word. Toe word die saak oorhandig aan die plaaslike ministerie van kinderwelsyn. Toe Kosmos 94.1 Nuus navraag doen met die herverskyning van die kinders, het die ministerie ook sy hande gewas en die nuuskantoor na die Angolese ambassade verwys. Die ambassade sê hy dra geen kennis van die kwessie nie.