Waterwese moet geken word in groen-waterstof

Namibië het die week sy eerste Groen-waterstofsimposium in Windhoek aangebied. Dr. Elijah Ngurare, die adjunk-uitvoerende direkteur van waterwese in die landbouministerie, wat ook op die SASSCAL-beheerraad is, sê inklusiewe projekimplementering is uiters belangrik – natuurlik ook omdat water krities is vir groen-waterstofproduksie.