Ooreenkoms vir Afrika en Paxlovid

Afrika se sentrum vir siekte-beheer het ‘n memorandum van verstandhouding met Pfizer onderteken vir lande op die vasteland om voorrade van die Paxlovid-pil te ontvang om Covid te behandel. Data van ‘n studie toon dat die antivirale medikasie byna 90 persent doeltreffend is om hospitalisasies en sterftes te voorkom. Ahmed Ogwell Ouma, waarnemende direkteur van die sentrum sê die ooreenkoms sal Afrika-lande toegang tot Paxlovid teen kosprys gee.