Nadal v Kyrgios: Onsekerheid oor Rafa se voet

Daar is kommer oor die fiksheid van die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal nadat hy ondanks ‘n besering die Amerikaner Taylor Fritz verslaan het in die kwarteindronde op Wimbledon. Die Spanjaard het na die tweede stel mediese behandeling gekry en lang tye met sy beweging gesukkel, maar uiteindelik in vyf stelle gewen. Hy speel môre teen Nick Kyrgios nadat die Australiër vir Cristian Garin van Chili uitgeskakel het. Nadal sê hy hoop om gereed te wees: