Onwettige brandstof beïnvloed ekonomie negatief

Drie mans is by die Etunda-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van ses houers onwettige petrol betrap is. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die verdagtes geen permit van ‘n handelaar gehad nie en is die waarde van die petrol sowat 1 580 Namibiese dollar. Soos die brandstofprys styg, wend Namibiërs in die Noorde hulle tot Angolese brandstof wat baie goedkoper is. Ander vul kanne met brandstof en verkoop dit in Namibië, tot groot ontsteltenis van die Namibiese polisie en plaaslike vulstasie-eienaars. Die woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, Jackson Muma verduidelik hoe onwettige brandstofhandel die plaaslike ekonomie beïnvloed.