Slagoffers van gru-ongeluk in Suide, bekend

Die name van die drie ongelukslagoffers van die minibus-ongeluk weens die sprinkaanplaag op die B1-hoofpad tussen Keetmanshoop en Tses, is deur die polisie bekend gemaak. Namibiese vroue Maria Hatzenberg, Natalia Ndatipo en Mbiseraije Karuumbe, is op die toneel dood toe die bestuurder van die minibus glo beheer oor die voertuig weens die glibberigheid van die swerms sprinkane op die pad verloor het. Daar was 15 passasiers aan boord en elf passasiers met matige beserings is na die hospitaal op Keetmanshoop geneem, en dié met ernstige beserings is na die Windhoek Sentrale hospitaal afgevoer.