Nersa hou openbare verhore na DA hewig reageer op stygings

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika gaan weer openbare verhore oor voorgestelde kragtariefverhogings instel na die DA skerp hierop gereageer het. Die energiereguleerder ontken hy het ‘n openbare deelnameproses uitgelaat en sê ‘n konsultasiedokument is gepubliseer waarin kommentaar teen 22 April versoek word. Die reguleerder stel ‘n gemiddelde verhoging van 7,47 persent in munisipale kragtariewe van Julie voor. Charles Hlebela van Nersa sê hulle het besluit om nie openbare verhore te hou nie want baie min mense woon dit by: