Ontploffing op VSA-Kanada grens ‘nie terrorisme’

’n Egpaar van New York is vermoedelik die twee mense wat dood is in ʼn ontploffing op die grens tussen Amerika en Kanada. ’n Motor het aan die Amerikaanse kant van die grenspos naby die Niagara-waterval gebots en ontplof, maar die FBI glo nie daar is enige verband met terrorisme nie. Ondersoekers sê die egpaar was teen ʼn hoё snelheid in ‘n Bentley toe dit eers ‘n randsteen getref, toe teen ‘n skutreling gebots en in die lug opgeskiet het voordat dit met die terugkomslag ontplof het. Die slagoffers was glo op pad terug huis toe nadat hulle ’n casino in Kanada besoek het.