SA Reserwebank hou koerse onveranderd

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag die globale ekonomiese groei sal vanjaar bestendig bly, met ‘n marginale daling volgende jaar. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het aangekondig die Monetêre Beleidskomitee het besluit om koerse onveranderd te hou, wat beteken die repokoers bly op 8,25 persent en die prima uitleenkoers op 11,75 persent. Hy beklemtoon monetêre beleid sal steeds op inflasieteikens fokus. Hy waarsku dat toestande vir finansiering in ontwikkelende lande na verwagting stram sal bly, tesame met matige groei.