Marlon Samuels vir 6 jaar geskors

Die voormalige Windies-speler, Marlon Samuels, is vir ses jaar geskors vir die oortreding van die teenkorrupsie-kode. Die Internasionale Krieketraad sê ’n onafhanklike tribunaal het die 42-jarige Samuels daaraan skuldig bevind dat hy nagelaat het om die ontvangs van ‘n geskenk, betaling, gasvryheid of ander voordeel te verklaar wat die deelnemer of die sportsoort in oneer kan bring. Die Jamaikaan het die Windies tussen 2000 en 2018 in al drie formate verteenwoordig. Die IKR sê hoewel hy uitgetree het, het die oortredings tydens sy speeldae plaasgevind.