Ons stel nie net belang in die Donbas nie – Lavrov

Rusland se militêre fokus in die Oekraïne is nie meer net die ooste nie. Die land se buitelandse minister Sergei Lavrov sê Moskou se strategie het verander nadat die Weste Oekraïne van langafstandwapens voorsien het. Rusland sal nou die Oekraïnse magte verder van die voorste linie moet stoot om sy eie veiligheid te verseker. Hy voeg by dat Russiese magte hul fokus verder wes en suidwes in die land sal verskuif. Die nuus kom nadat nog langafstandmissiele, bekend as HIMARS, na die Oekraïne gestuur sal word.