Solidariteit staan Eskom by met vaardigheid

Solidariteit sê Eskom se veldtog van radikale ekonomiese transformasie om die transformasieproses te versnel, het sedert 2000 die elektrisiteitsverskaffer se vlak van ingenieurs- en tegniese vaardighede verskraal. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het die vakbond verlede week gevra om ʼn lys van mense met die noodsaaklike tegniese vaardighede voor te lê, om die regering te help om die vaardigheidskrisis by Eskom aan te spreek. Volgens Dirk Hermann van Solidariteit, benodig die kragnutsmaatskappy ingenieurs by kragstasies, insluitend meganiese, kernkrag-, elektriese, stelsels- en instandhoudingsvaardighede: