Djokovic kan nie op Flushing Meadows speel nie

 Die Amerikaanse tennisvereniging sê die Amerikaanse Ope het nie ‘n Covid-19-inentingsmandaat vir spelers nie. Hulle respekteer egter die regering se standpunt oor buitelandse burgers wat na die land reis en nie ingeënt is nie. Die Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic, is ingesluit op die lys spelers by die Amerikaanse Ope, maar omdat hy nie ingeënt is nie, sal hy nie by Flushing Meadows kan deelneem nie. Die laaste grand slam van die jaar begin op die 29ste van volgende maand.