Onderbesteding van begroting kniehalter kinders

Die DA in Gauteng sê kinders se reg op noodsaaklike leertoerusting en skuiling word steeds deur die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling ondermyn. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê tydens Kinderbeskermingsweek kinders ly weens die departement se voortgesette onderbesteding aan sy toegekende begroting wat bedoel is om welsynsdienste aan kinders te verskaf.