Bonsmara-bul behaal waarskynlik rekordprys van R2,1 miljoen in SA

Twee top Bonsmara-bulle het vandag onderskeidelik pryse van 1,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand en 2,1 miljoen rand by die Poggenpoel Molopo Bonsmara-produksieveiling by Noord-Kaap Lewende Hawe se lokaal op Stella behaal. Dit is waarskynlik ‘n rekordprys in Suid-Afrika vir ‘n Bonsmara-bul. Die koper is Basson Bonsmaras van Mooirivier.