Toerisme in Wes-Kaap toon herstel

Die jongste verslag van Wesgro oor die April 2022-toerisme-prestasie-statistiek toon ‘n bestendige herstel vir die Wes-Kaapse toerisme- en gasvryheidsektor oor die Paasseisoen. Volgens die hoofbestuurder van Wesgro, Wrenelle Stander, weerspieël April se maandelikse verslag herstel by sleutel-bestemmings, sowel as ‘n styging in lugpassasier-verkeer. Stander sê Kaapstad en die Wes-Kaap bly gewilde bestemmings vir internasionale toeriste en sakelui.