Omstrede Amerikaanse politikus se Twitter-rekening permanent gesluit

Die omstrede Amerikaanse politikus Marjorie Taylor Greene se privaat Twitter-rekening is permanent gesluit. Dit volg nadat sy herhaaldelik die sosialemediaplatform se beleid oor vals Covid-19-inligting oortree het. Greene is in Augustus gewaarsku toe sy op Twitter gesê het inentings teen die virus is onsuksesvol en dat die siekte nie gevaarlik is vir mense wat jonger as 65 en nie oorgewig is nie. Dit volg nadat ‘n kwart-miljoen sterftes in daardie ouderdomsgroep in die land aangemeld is. Greene is ‘n getroue ondersteuner van oudpresident Donald Trump wie se Twitter-rekening ook permanent gesluit is.