Een Covid-sterfte van baba op Keetmanshoop aangemeld


Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n twee weke oue babameisie op Keetmanshoop aangemeld, asook 263 nuwe Covid-gevalle uit 1 475 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 17,8 persent verteenwoordig. In die groep is 30 leerders, vyf gesondheidswerkers, en drie elk studente en onderwysers. Daar is nou 14 899 aktiewe gevalle, waarvan 310 pasiënte in hospitale is en 32 in hoësorgeenhede. Altesaam 405 255 persone is ten volle ingeënt.