Sport

Die Namibiese Rugby-unie wag steeds vir die dissiplinêre komitee oor die uitslag van die formele klag wat deur die uitvoerende hoof van die unie teen die voorsitter van die FNB Unam-rugbyklub, Christian Windvogel aanhangig gemaak is. Hy het glo ‘n valse en misleidende e-pos gestuur wat die unie, Wêreldrugby en die spel in oneer gebring het, asook die finale wedstryd op 30 Oktober deur sy optrede ontwrig het. Die saak is tot vanjaar uitgestel. William Steenkamp, die interim uitvoerende hoof van die Namibiese Rugby-unie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle wag vir die uitslag.