Omgewingsministerie veroordeel ‘dougnuts’ van motorfietsryers by Sossusvlei

Die Namibiese omgewingsministerie doen ‘n beroep op Namibiërs en toeriste om die reëls en regulasies in Namibiese nasionale parke te gehoorsaam. Dit volg nadat verskeie voorvalle van vandalisme en roekelose bestuur in die sensitiewe omgewing in beperkte gebiede in Namibiese nasionale parke aangemeld is. Voertuigspore berokken reuse-skade aan biodiversiteit wat volgens omgewingskenners eeue vat om te herstel. Die jongste voorval het volgens die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda by ‘n klein pan van Sossusvlei, ‘n Unesco-erfenisterrein, plaasgevind waar motorfietsryers ‘doughnuts’ gegooi het.