Djokovic deur 20-jarige Deen uitgeskakel in Italië

Die jong Deen, Holger Rune, sal hierdie naweek in die voorlaaste ronde in die Italiaanse Ope speel nadat hy gister die sesmalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, in die kwarteindronde geklop het. Die 20-jarige was uit die staanspoor in beheer en het die eerste gekeurde Serwiër met 6-2, 4-6, 6-2  gewen. Hy kom nou in die halfeindstryd teen die vierde gekeurde Noorweër Casper Ruud te staan. In die vroue-afdeling moes die wêreld se nommer-een, Iga Swiatek van Pole, noodgedwonge weens ‘n beenbesering onttrek aan haar kwarteindronde teen die Wimbledonse kampioen Elena Rybakina van Kazakhstan.