Twaalf-jarige meisie swanger na verkragting

‘n Vermeende kinderverkragter sal vandeesweek in die Ondangwa-landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n 12-jarige meisie swanger gemaak het. Na bewering bly die 21-jarige man in dieselfde huis as die meisie in Okashana Kiitembu-nedersetting. Die meisie is glo deur die verdagte gedreig om stil te bly oor die verkragting. Eers nadat sy begin siek voel en haar ouma veranderinge aan haar liggaam opgemerk het, is bevind dat sy swanger is nadat sy getoets is.