‘Olieprys sê Gaza-oorlog sal nie uitkring nie’

Terwyl spanning in die Midde-Ooste steeds voortduur, toon die olieprys dat daar verligting sal kom. Terwyl onderhandelings vir ‘n skietstilstand Sondag in Kaïro misluk het, het die prys met ‘n persent gedaal en op die oomblik verhandel dit rondom 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is ook druk op Israel se regering om ‘n einde aan die oorlog te bring, en die verhouding tussen Iran en Israel nie blyk om te vererger nie. Met die brandstofprys wat twee maande opeenvolgend gestyg het, het Kosmos 94.1 Nuus met die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper gesels oor wat vir ons wag.