Enock maak ommekeer oor SME Bank se geld

Die omstrede Zimbabwiër Enock Kamushinda het volgens wat berig word net 3 miljoen Namibiese dollar van die 247 miljoen dollar wat by die SME Bank gesteel is, terugbetaal. Dit kom na ‘n ooreenkoms met die bank se likwidateurs dat hy 140 miljoen dollar sou betaal. Volgens ‘n berig in The Namibian, het Kamushinda in hofstukke in Zimbabwe, waar hy weer woonagtig is, gesê hy het alleenlik die ooreenkoms vir die betaling van 140 miljoen dollar onderteken omdat hy gedreig en geïntimideer is, wat die likwidateurs ontken. Kamushinda word as die meesterbrein van die reuse-diefstal geag en die likwidateurs poog steeds om die fondse by hom terug te kry.