Sioka loop deur oor GBV-kommentaar

Reaksie word ontvang op die minister van geslagsgelykheid, Doreen Sioka, wat in ‘n verklaring die geweld teen vroue en kinders skerp veroordeel het. Sy het die dood van die transgender vrou, die 30-jarige Christof Fredricks, heeltemal oorgesien. Sioka kom gereeld onder skoot vir haar swak leierskap en Ethne Mudge van Sister Namibia, het haar ook nie gespaar nie.