Olieprys daal effe na Iranese-aanbod

Oliepryse het vanoggend weer teruggesak na ‘n week van wipplank-pryse. Internasionale nuusagentskappe berig dat die vooruitsigte van ‘n ekstra aanbod van Iran wat na die mark terugkeer, swaarder geweeg as die vrese vir ‘n moontlike Russiese inval in die Oekraïne, wat die aanbod kan ontwrig. Brent het gedaal na net bo 92 Amerikaanse dollar ‘n vat. Iran bied ‘n miljoen vate ‘n dag aan die mark aan. Ontleders verwag nie dat pryse in die korttermyn veel gaan daal nie, selfs met die vooruitsig van ‘n terugkeer van meer Iranse olie. Opul en sy bondgenote sukkel om produksieteikens te behaal.