Noa hou van IPPR se integriteitsprojek

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het die week sy Integriteit Namibië veldtog van stapel gestuur wat korrupsie in die land sal aanspreek. Die klem sal gelê word op individue wat nie vervolg word nie, bloot as gevolg van hulle politieke vriende, of affiasies. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulus Noa, die direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie gepraat en hy meen dit is ‘n uitstekende inisiatief.