Vrou vas met 29 renosterhorings

‘n Agt-en-veertigjarige vrou is in Bedfordview in Johannesburg in hegtenis geneem na sy met 29 renosterhorings met ‘n geraamde straatwaarde van 6 miljoen Namibiese dollar betrap is. ‘n Polisiewoordvoeder, Ndivhuwo Muluma, sê dit het tydens ‘n voortgesette ondersoek gebeur wat verband hou met ‘n saak in Kemptonpark in 2021. Mulamu sê die ondersoek het die Valke na ‘n residensiële ontwikkeling gelei waar hulle reistasse in ‘n motorhuis gevind het. Hule het die tasse deursoek en bokse met renosterhorings gevind wat in swaar foelie toegedraai was.