Olie en gas sal nie net so alle probleme oplos nie: kenner

Die eerste Namibiese plaaslike inhoudkonferensie vir die olie- en gasbedryf het die week in Lüderitz plaasgevind. Volgens Bisey Uirab, die president van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, bied die opkomende olie- en gasbedryf ‘n geleentheid vir volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling. Die Kamer voorsien ‘n belegging in die bedryf van 15 miljard Namibiese dollar onder die Namibië Ontwikkelingsplan 5, of NDP5. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch gesels oor of die verhoogde fokus op olie en gas raadsaam is terwyl ander nywerhede in die land ook ondersteuning nodig het.