Reis deur die hemelruim in die AMT mobiele planetarium!

Dit is amper weer tyd vir die Toerisme Ekspo, wat vanaf 24 tot 26 April sal plaasvind. Die span van die Africa Millimetre Telescope sal leerlinge en volwassenes by die Ekspo vermaak en hulle deur die hemelruim neem in ’n mobiele planetarium. Meer as 13 000 mense het reeds die mobiele planetarium besoek, waarvan meer as 10 000 leerlinge was. Volgens Zandre Duvenhage van AMT is dit ’n wonderlike ervaring, veral vir kinders. Kaartjies vir die planetarium kan op etickets.my.na vir ’n spesifieke tydgleuf gekoop word. Duvenhage het Kosmos 94.1 Nuus meer oor die planetarium vertel.