Swapo is 64, en moet terugkeer na ou waardes: Angula

Die Swapo-party vier vandag sy 64ste bestaansjaar. Die party is op 19 April 1960 gestig en volgens die party op X, voorheen Twitter, was hulle doel altyd die onafhanlikheid van Namibië. Die Swapo vise-president, Netumbu Nandi-Ndaitwah, het in ‘n verklaring gesê met die ontdekking van olie en gas sal die party verder na die land se burgers omsien. Kosmos 94.1 Nuus het met oudpremier en mede stydros Nahas Angula gepraat, wat sê Swapo moet terug gaan na hul ou waardes toe die jeug by die party wou aansluit.