Okavango-rivier se vlakke kom normaal voor vir die tyd van die jaar

Die Namibiese Hidrologiese Diens het vanoggend die Okavango-rivier se vloedvlakke op 5,75 meter bepaal en sê die rivier styg vinnig. Verdere reën word in die opvangsgebied verwag maar volgens Mark Paxton van Shamvura Camp by die rivier, lyk toestande heel normaal vir die tyd van die jaar, al word vloedpleine vol.