Calle & Mecki gesels beesvleis-produksie

Die Beesvleis-waardeketting Forum het met landbouminister Calle Schlettwein vergader. Volgens Mecki Schneider, die sameroeper van die forum, het hulle vir die vergadering gevra na aanleiding van die kommer wat deur die minister uitgespreek is oor die toestand van die Namibiese beesvleis-bedryf. Schneider sê hulle het die geleentheid gehad om ‘n voorlegging aan die ministeriële afvaardiging te doen oor die historiese bestuursontwikkelings van die beesvleis-bedryf oor die afgelope 20 jaar, sowel as die huidige aktiwiteite van die Beesvleis-waardeketting Forum asook Savanna Beef Processors. Hy sê Schlettwein is bekommerd oor ontwrigtings in die bedryf maar, hulle het hul verbintenis tot samewerking, sowel as moontlike oplossings, met die minister bespreek.