Verlies van biodiversiteit in die VSA en wat dit vir landbou beteken

Reaksie word ontvang op navorsing in die VSA wat toon dat 40 persent van diere en 34 persent van plante in daardie land die risiko loop om uit te sterf. Daar is ook bevind dat 41 persent van ekosisteme ineenstorting in die gesig staar. Die VSA is ‘n baie groot uitvoerder van grane en graanprodukte en sou sy landbou begin misluk, kan daar internasionaal groot uitdagings wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard hieroor gesels.