Oekraïnse graanuitvoere: Uitdagings lê by hawe

Oekraïne se minister van Landbou sê die voortslepende oorlog in sy land gaan reuse gevolge hê wat mag lei tot hoër pryse vir alle lande wanneer dit kom by die in- en uitvoer van graan. Mykola Solskyi sê die situasie in Oekraïne is ernstig, omdat die lente-velde brandstof nodig het. Hy sê die land verwag ‘n redelike groot oes dié seisoen en hoop Oekraïne sal sy graan kan uitvoer. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus oor die stand van sake gepraat. Hy sê die grootste probleem lê by die hawe…