Bankrot-munispaliteit betaal R16 000 per watermeter

Die DA in Noordwes is in besit van dokumente wat daarop dui die reeds bankrot Kgetlengrivier plaaslike munisipaliteit het ‘n kontrak vir die verskaffing en installering van huishoudelike watermeters aangegaan, teen ‘n koste van tussen 16 000 en 20 000 Suid-Afrikaanse rand per eenheid. Die party sê die reuse koste-per-eenheid is ‘n oorverhaling wat onmiddellik ondersoek moet word. Mduduzi Maphanga van die DA sê die kontrak vir 100 watermeters in Swartruggens beloop 1,6 miljoen rand, of 16 000 rand per eenheid: