Skurftesiekte bewys regering misluk met onderwys

‘n Uitbreking van skurftesiekte is deur die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula bevestig met amper 3 500 gevalle landwyd, veral in skole. Die sekretaris-generaal van die Onderwysersvakbond van Namibië, Mahongora Kavihuha sê dit bewys weereens dat die regering misluk om kwaliteit onderwys aan te bied. Hy het ook kommer uitgespreek oor die gemors met die staatsmediesefonds Psemas wat moontlik mediese behandeling vir onderwysers kan belemmer.