Oekraïne het koringvoorraad, en dis beskikbaar

Oekraïne het die instelling van uitvoerlisensies aangekondig vir sy sleutel-landbouprodukte, naamlik koring, mielies en sonneblom-olie. Die land het die uitvoer van etlike landbou-verbruikersartikels opgeskort, insluitend rog, hawer, manna, bokwiet, sout, suiker, vleis en vee. Gilbert Mulonda, bestuurder van Tuinbou en Akkerbou by die Namibiese Akkerbouraad sê dit beteken hulle het voorraad wat goeie nuus is.