Swapo en Ya Nangoloh: Van bakboord na stuurboord

Daar is nog geen uitsluitsel oor die Swapo-lidmaatskap van die omstrede Phil Ya Nangoloh nie. Dit wil voorkom asof die party hoop die kwessie sterf ‘n stil dood veral omdat Ya Nangoloh vreeslik teenoor Sam Nujoma uitgevaar het. Ya Nangoloh sê hy het sy lidmaatskapfooie betaal en is dus reeds ‘n lid al het hy nie ‘n kaart nie.

Die woordvoerder van Swapo, Hilma Nicanor, sê sy kan nie daaroor praat nie en het ons verwys na die uitvoerende direkteur of die sekretaris-generaal.

En die uitvoerende direkteur het ons terug verwys na die sekretaris-generaal Sophia Shaningwa, wat nie oproepe beantwoord het nie.