Napha voeg sy stem by olifant-gesprek

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, sê in terme van Namibië se olifante ondersteun hulle natuurbewaring in sy algemeen. Die benutting van olifante vir trofeejag vorm deel daarvan. Axel Cramer, die vereniging se president, sê dit was nodig om hul stem by te voeg in die bespreking oor die land se olifante.