Nuwe Wysigingswet op Rolprente en Publikasies in SA verwelkom

Die Suid-Afrikaanse departement van kommunikasie en digitale tegnologie en die Rolprent- en Publikasieraad het die Wysigingswet op Rolprente en Publikasies verwelkom. President Cyril Ramaphosa het die wet gepromulgeer met ingang van 1 Maart. Die adjunkminister van kommunikasie en digitale tegnologie, Philly Mapulane, sê hy hoop die nuwe wet sal die toename in potensieel skadelike inhoud op digitale platforms stuit.